For car, home, business and life insurance


Versekering

OUTsurance is 'n toonaangewende Suid-Afrikaanse versekeringsmaatskappy wat bekostigbare versekering aan individue sowel as besighede bied.

 

Ons bied 'n reeks omvattende versekeringsprodukte, wat motorversekering, huisinhoud versekering, geboueversekering asook besigheidsversekering insluit.

  • By OUTsurance word jou versekering premie volgens jou unieke risiko-profiel bereken. Dit beteken dat lae risiko kliënte laer premies kry en nie betaal vir ander se hoë risiko's nie.
  • 'n Makelaar kan nie 'n OUTsurance polis verkoop nie - jy kry dus uitstekende waarde vir geld, juis omdat jy direk met ons skakel en geen makelaarsfooie of kommissie hoef te betaal nie.
  • OUTsurance waarborg jou versekering premie vir 12 maande, ongeag of jy 'n eis instel of nie.
  • Jy kies 'n lae, vaste bybetaling wat jou sak pas. Boonop bly jou bybetaling dieselfde, ongeag die waarde of aard van jou eis.
  • Indien jy vir drie jaar nie 'n eis instel nie, betaal ons 10% van jou premies terug in 'n kontant OUTbonus.

Motorversekering

By OUTsurance gaan ons uit ons pad uit om jou te help geld spaar op jou motor versekering. Met ons omvattende pakket  kan jy gerus wees dat jy altyd die beste dekking sal ontvang. Ons het seker gemaak dat jou motor gedek is in geval van motorongelukke, diefstal, kapings en selfs teen opsetlike skade deur iemand anders.  Dekking teen haelskade word ook outomaties ingesluit.  Ons verseker boonop jou kar teen enige skade wat veroorsaak is deur ‘n vloed, ontploffings asook brandskade.

Huisinhoudversekering en Geboueversekering

OUTsurance bied huisinhoud versekering vir al die items binne jou huis. Dit beteken dat  jy volkome gemoedsrus kan geniet omdat al jou kosbare items - van jou breekware tot jou duur TV, voldoende verseker is. Jy kan geboue versekering uitneem om seker te maak dat die struktuur van jou huis, buitegeboue en ook ander permanente toebehore en verbeteringe voldoende gedek is.

Besigheidsversekering

Business OUTsurance bied uitstekende besigheidsversekering vir jou besigheid - ongeag die grootte of aard van jou besigheid.  Ons bied omvattende besigheidsversekering vir jou besigheidsvoertuie, die geboue op jou besigheidsperseel, asook items wat jy buite die kantoor sou gebruik. Ons bied ook versekering vir jou kantoorinhoud, besigheid voorraad, asook alleenstaande dekking vir elektroniese toerusting.


Kry 'n versekeringskwotasie vandag nog en spaar by OUTsurance op jou korttermyn versekering.